Tuis

Laerskool Silwerrand Primary 
 se taak is om saam met sy onderwysvennote:

'n leerling voor te berei om as 'n gebalanseerde volwassene sy/haar plek vol te staan in die samelewing.

Welkom by 'n droom wat waar geword het


Ons is in die hart van die natuur waar ons God se skoonheid elke dag beleef!

Visie


Visie (Gebou op Jesaja 49:16-23)


  • Laerskool Silwerrand Primary streef daarna om Christelike waardes te skep, in ‘n omgewing, waar elke leerder individueel kan ontwikkel in hul unieke talente en gawes.   
  • Om groot te mag word, in God se liefde en genade.
  • Ons fokus sterk om wedersydse respek daar te stel en naaste liefde uit te leef.
  • Om verhoudings te bou en eerlike en oop kommunikasie te bewerkstellig.
  • Ons verwag van elke onderwyser en personeellid om ‘n merkwaardige rol in ‘n leerder se lewe te speel.



Missie


  • Om die 9.5-hektar skoolgronde in elke aspek te ontwikkel om sodoende ‘n leerder holisties te help ontwikkel en akademies te floreer.
  • Om die Woord van God te implimenteer as die fondasie en om die Heilige Gees toe te laat om elke leerder individueel te bou.
  • Om Romeine 1:14 uit te leef en te leer; dat God sy hele skepping lief het, elkeen van hulle.
  • Kommunikasie is een van die fondamentele pilare in enige gesonde skoolomgewing. 
  1. Om deur middel van pret, kreatiwiteit, vinnige en effektiewe manière en goeie tydsbestuur, die lewe van ouers, onderwysers en leerders makliker en meer produktief te maak.
  2. Om sosiale media te gebruik om ouers in te lig en betrokke te hou.
  3. Om geleenthede vir onderwysers sowel as ouers daar te stel om hulself te verreik deur middel van werkswinkels en spanbou geleenthede.
  4. Sportaktiwiteite skep ‘n platvorm vir die ontwikkeling van gesonde sportmanskap, leierskap, self-respek en deursettingsvermoë.
  5. ‘n Goedgesinde hart en deernis vir ‘n medemens word  ontwikkel deur deelname aan gemeenskaplike uitreik geleenthede. 
  • Alle personeel word streng gekeur op die volgende pilare:

- Bekwaamheid

- Karakter

- Chemiese verhouding

- Christelike kultuur eienskappe


We are here


Share by: